| SOUTH AFRICAN OLD-TIME RADIO THE HISTORY OF SPRINGBOK RADIO SPRINGBOKRADIO: DIE VERVOLGVERHALE |
![]() |
| You can return to The Pumamouse Website Homepage by clicking on the link below: |
| SPRINGBOKRADIO: DIE VERVOLGVERHALE |
| The following is an extremely informative essay, written in Afrikaans by The Pumamouse Website's #1 Springbok Radio Authority, Frans Erasmus. |
| The Pumamouse Website Presents... |
| SOUTH AFRICAN OTR LINKS: |
| You can email The Pumamouse (MaryAnne) by clicking on the link below: |
| Thank you for visiting these webpages. Please return often to view new developments. I would enjoy receiving your comments. |
| Met die koms van Springbokradio op 1 Mei 1950, is radio drama in Suid-Afrika ‘n groot hupstoot gegee. Die eerste Afrikaanse vervolgverhaal op Springbok was “Liefdeslied” in 1953. Die hoofkarakters in hierdie vervolgverhaal was gespeel deur Esme Euvrard en Jan Cronje. “Liefdeslied” was die begin van etlike honderde Afrikaanse vervolgverhale wat die lig gesien het. Bekende Afrikaanse skrywers se talente was ingespan, elk met hulle eie besonderse styl. Etlike van hierdie skrywers sluit in: C F Beyers-Boshoff Frieda Viljoen Mike Heine Daan Retief Monica Breed Louwtjie Viljoen Dricky Beukes Fanus Rautenbach Christina Pienaar Pieter Treurnicht Naomi van Niekerk Willie van Rensburg Morkel van Tonder Apie van der Westhuizen Lerina Erasmus Leon van Nierop Et al. Die Afrikaanse vervolgverale was veral populer in die middae. Vanaf 2nm tot 4nm het Springbok van Maandag tot Vrydag gewy aan die Afrikaanse verhale. Baie van die verhale was later heel suksesvol in rolprente omskep. Etlike voorbeelde hiervan was, “Die Wildtemmer”, “Die Banneling”, “Die Geheim van Nantes”. Selfs van die verhale was omskep in baie suksesvolle televisie reekse. Leon van Nierop se suksesvolle “Wolwedans in die Skemer” en Lerina Erasmus se verhaal “Die Mannheim Saga” was voorbeelde hiervan. Van die vervolgverhale wat ek graag onthou was: Stiefvader Brug oor Satansvallei Die Volmaakte Uur Oupa Jasper Wie die Liefde nie Het nie Dr Marius Hugo Die Geheim van Nantes Skaduwee oor Summerdown Die Wortel van alle Kwaad Die Mense van Kransdraai Meneer die Miljoener Die Wit Sluier Die Wildtemmer Die Geel Karavaan Die Tweeling van Rhyn Wawielspore Le Chasseur-Die Herberg van die Jagter Die Rousseau’s van La Rochelle Eikenhof se Mense Skaduwees oor Bordeaux Meester Adriaan Brand Retief-Geheime Sending Op Soek na Gister Die Banneling Sonneblomme vir die Winter Die Mannheim Saga Wolwedans in die Skemer Basis Bravo Uit die Skatkis van ons Skrywers Agent 0-00 ag Geluksdal Patrolie Drie-Drie Charlie Die Pad oor die Kleinbegin Huis van Vergelding Geluk is Illusie Die Lewe is Vandag Vlug van Verskrikking Streng Privaat Die Vrou van Shangetti Die Verste Wit Wolk Draaikolk ‘n Erfgenaam vir Rushoop Rebellie in Fort Vrede Geld wat stom is Lig die Sluier Drie vir die Liefde Marie Antoinette Slegs ‘n paar van die gunsteling vervolgverhale word hier genoem. Die laaste Afrikaanse vervolgverhaal op Springbok was “Heli hawe” wat gehoor was op die laaste dag van uitsending om 15H45 op 31 Desember 1985. Na die sluiting van Springbokradio het Radio Suid-Afrika voort gegaan met die wenresep, en is 3 vervolgverhale in die middag gehoor. Na mate die luisterstyl van luisteraars verander het, het die huidige Afrikaanse diens “RSG” slegs 1 vervolgverhaal behou in die middae. Maar beslis, die luistergenot wat hierdie verhale gebring het sal vir altyd onthou word, en is beslis ‘n hoofstuk in die roemryke ontwikkeling van die Afrikaner in Suid-Afrika. Frans Erasmus Suid-Afrika April 2002 |
| THE HISTORY OF SPRINGBOK RADIO LINKS: |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| This website is owned, designed, created, maintained, and financed by The Pumamouse (MaryAnne) Copyright 2002/2003/2004/2005 |
| You are viewing "Springbokradio Die Vervolgverhale" |
| THE PUMAMOUSE WEBSITE SECTION LINKS: |
| Please investigate all of the varied sections of The Pumamouse Website by clicking on the links below. |